| 1. | Werk word vryelik gekies | |
| 1.1 | Daar is geen geforseerde of gedwonge werk, werksverpligting of onvrye tronk-arbeid nie. | |
| 1.2 | Daar word nie van werkers vereis dat hulle "deposito's" of identiteitsdokumente by werkgewers moet indien nie, en dit staan hulle vry om die werkgewer se diens te verlaat na 'n redelike kennistyd. | |
| 2. | Vryheid van assosiasie en die reg op kollektiewe bedinging word gerespekteer | |
| 2.1 | Alle werkers, sonder uitsondering, het die reg om vakbonde te vorm of om by 'n vakbond van hul keuse aan te sluit. Werkers het die reg om kollektief te beding. | |
| 2.2 | Die werkgewer het 'n oop houding ten opsigte van vakbonde en hul organisatoriese aktiwiteite. | |
| 2.3 | Daar is geen diskriminasie teen werker-verteenwoordigers nie, en hulle het die nodige toegang sodat hulle hul onderskeie funksies in die werkplek kan uitvoer. | |
| 2.4 | Waar die reg op vrye assosiasie en kollektiewe bedinging wetlik beperk word, help die werkgewer die ontwikkeling van parallelle metodes vir onafhanklike en vrye assosiasie en onderhandeling aan en ontmoedig nie sulke pogings nie. | |
| 3. | Werksomstandighede is veilig en higiënies | |
| 3.1 | 'n Veilige en higiëniese werksomgewing word verskaf met inagneming van die huidige stand van kennis van die bedryf en van enige spesifieke gevare daaraan verbonde. Voldoende stappe word geneem om te voorkom dat ongelukke plaasvind of dat gesondheid geskaad word as gevolg van of in die loop van werksverigting, deur enige oorsake van gevaar in die werksomgewing sover redelik uitvoerbaar te minimaliseer. | |
| 3.2 | Werkers sal gereelde gesondheid- en veiligheidsopleiding ontvang. Daar sal rekord gehou word van sodanige opleiding, en die opleiding sal herhaal word vir nuwe of oorgeplaaste werkers. | |
| 3.3 | Toegang tot skoon toiletgeriewe en drinkbare water sal verskaf word en, waar toepaslik, higiëniese geriewe vir die stoor van voedsel. | |
| 3.4 | Waar huisvesting verskaf word, sal dit skoon en veilig wees en aan die basiese behoeftes van die werkers voldoen. | |
| 3.5 | Die maatskappy wat hierdie kode navolg, sal 'n senior bestuurs-verteenwoordiger verantwoordelik maak vir gesondheid en veiligheid. | |
| 4. | Kinderarbeid sal nie gebruik word nie | |
| 4.1 | Daar sal geen nuwe kinderarbeid gewerf word nie. | |
| 4.2 | Maatskappye sal riglyne en programme ontwikkel of deelneem aan die opstel van riglyne en programme waaarin voorsiening gemaak word vir die oorgang van enige kind wat aan kinderarbeid deelneem sodat sy of hy gehalte onderwys kan ontvang tot tyd en wyl sy of hy nie meer 'n kind is nie. Die terme "kind" en "kinderarbeid" word in die apendiks omskryf. | |
| 4.3 | Kinders en jongmense onder 18 sal nie snags of in gevaarlike omstandighede in diens gestel word nie. | |
| 4.4 | Hierdie riglyne en prosedures sal aan die vereistes van die toepaslike IAO standaarde voldoen. | |
| 5. | Bestaanslone word betaal | |
| 5.1 | Lone en voordele vir 'n standaard-werksweek voldoen ten minste aan die nasionale wetlike standaard of aan die bedryf se eie standaarde, watter ookal die hoogste is. Lone behoort in alle gevalle genoeg te wees om in basiese behoeftes te voorsien en vir 'n mate van diskresionêre inkomste toe te laat. | |
| 5.2 | Alle werkers sal voor indiensneming voorsien word van geskrewe en verstaanbare inligting oor hul diensvoorwaardes betreffende lone, en elke keer as hulle betaal word van die besonderhede van hul loon vir die toepaslike betalingstydperk. | |
| 5.3 | Aftrekkings van lone as 'n dissiplinêre maatreël sal nie toegelaat word nie. Net so sal geen aftrekkings van lone waarvoor daar nie in nasionale wetgewing voorsien word, toegelaat word sonder die uitdruklike toestemming van die betrokke werker nie. Daar sal rekord gehou word van alle dissiplinêre maatreëls. | |
| 6. | Werks-ure is nie buitensporig nie | |
| 6.1 | Werks-ure voldoen aan nasionale wette en bedryfstandaarde, watter ookal die grotste mate van beskerming bied. | |
| 6.2 | Werkers sal in in eke geval nie op 'n gereelde basis meer as 48 uur per week werk nie, en sal gemiddeld ten minste een af-dag vir elke 7-dag werksperiode ontvang. Oortyd sal vrywillig wees en sal nie 12 uur per week oorskry nie; dit sal nie op 'n gereelde grondslag vereis word nie en sal teen 'n hoër tarief vergoed word. | |
| 7. | Geen diskriminasie word beoefen nie | |
| 7.1 | Daar is geen diskriminasie in die aanstelling, vergoeding, toegang tot opleiding, bevordering, terminasie of aftrede van werkers gebaseer op ras, kaste, nasionale oorsprong, godsdiens, ouderdom, gestremdheid, geslag, huwelikstatus, seksuele oriëntasie, vakbondlidmaatskap of politieke affiliasie nie. | |
| 8. | Gereelde indiensneming word verskaf | |
| 8.1 | Alle werk word, sover moontlik, op die grondslag van 'n erkende diensverhouding soos daargestel deur nasionale wetgewing en die praktyk verrig. | |
| 8.2 | Verpligtinge teenoor werknemers ingevolge arbeids- of maatskaplike wetgewing en regulasies wat voortvloei uit die gereelde diensverhouding sal nie ontduik word deur die gebruik van kontrakte vir arbeid alleenlik, sub-kontraktering of huis-arbeid reëlings nie; of deur leerlingskemas waar daar geen intensie is om opleiding of gereelde indiensneming te verskaf nie. Sulke obligasies sal ook nie ontduik word deur die oormatige gebruik van vaste-termyn dienskontrakte nie. | |
| 9. | Geen onmenslike of wrede behandeling word toegelaat nie | |
| 9.1 | Liggaamlike mishandeling of dissipline, dreigemente van liggaamlike mishandeling; seksuele of ander teistering en verbale teistering of enige ander vorm van intimidasie sal verbied wees. | |
Die bepalinge van hierdie kode omvat minimum- en nie maksimumstandaarde nie, en die kode mag nie gebruik word om te verhoed dat maatskappye dié standaarde oortref nie. Daar word van maatskappye wat hierdie kode toepas verwag om aan nasionale en ander toepaslike wetlike vereistes te voldoen, en waar die voorskrifte van die wet en hierdie kode dieselfde onderwerpe aanspreek, om die bepaling wat die grootste mate van beskerming bied toe te pas.
Note: We have made every effort to ensure that the translations of the ETI Base Code and Principles of Implementation are as complete and accurate as possible. However, please note that in both cases it is the English language documents which should be treated as the official versions.
See Also:
- Principles of Implementation
(also Principles of Implementation in other languages) - Purpose, Principles, Programme And Membership
Information
(also Purpose, Principles, Programme in other languages)